Vlamme in die Kalahari

2. VLAMME IN DIE KALAHARI - RYK SCHOONRAAD REEKS Die geharde grensboer, Helm du Plessis, word koelbloedig vermoor en sy kosbare beestrop van seshonderd osse word deur gemaskerde ruiters geroof terwyl hy op pad is na Kimberley se mark. Sy dogter, Ansie, die enigste getuie, bereik die grensdorpie Kameeldraai verskrik en gebroke. Hierdie voorval is die jongste in ’n vlaag veediefstalle wat die gemeenskap teister. Die legendariese Ryk Schoonraad, bekend vir sy onverskrokkenheid en regverdigheidsin, daag by die dorp op en bied onmiddellik sy hulp aan die pragtige Ansie. Ten spyte van die boere se aandrang om ’n kommando te vorm, besluit Ryk om die veediewe,... alles anzeigen expand_more

2. VLAMME IN DIE KALAHARI - RYK SCHOONRAAD REEKS






Die geharde grensboer, Helm du Plessis, word koelbloedig vermoor en sy kosbare beestrop van seshonderd osse word deur gemaskerde ruiters geroof terwyl hy op pad is na Kimberley se mark. Sy dogter, Ansie, die enigste getuie, bereik die grensdorpie Kameeldraai verskrik en gebroke. Hierdie voorval is die jongste in ’n vlaag veediefstalle wat die gemeenskap teister.






Die legendariese Ryk Schoonraad, bekend vir sy onverskrokkenheid en regverdigheidsin, daag by die dorp op en bied onmiddellik sy hulp aan die pragtige Ansie. Ten spyte van die boere se aandrang om ’n kommando te vorm, besluit Ryk om die veediewe, ’n bende van tien of meer gewapende mans, alleen agterna te sit. Hy glo ’n enkele ruiter sal minder opsigtelik wees. Sy soektog neem hom diep die Kalahari in, waar hy gou ontdek dat die veediewe na Duits Suidwes-Afrika op pad is. Ryk word egter voorgelê deur Jurie Vermaas, een van die bendelede wat hy die vorige aand as ’n prospekteerder in Kameeldraai ontmoet het. En dit is maar net die begin van al sy probleme.

weniger anzeigen expand_less
Weiterführende Links zu "Vlamme in die Kalahari"

Versandkostenfreie Lieferung! (eBook-Download)

Als Sofort-Download verfügbar

eBook
6,24 €

  • SW9781928498520450914

Ein Blick ins Buch

Book2Look-Leseprobe

Andere kauften auch

Andere sahen sich auch an

info