Net vier dae om te lewe!
'n Versameling Afrikaanse stoepstories oor die lewe se humor, hartseer en onverwagse draaie.
NET VIER DAE OM TE LEWE!
Hierdie e-boek is geskryf deur Chris Opperman op sy tagtigjarige ouderdom en is die eerste boek wat hy skryf.
Elkeen van ons het unieke stories om te vertel, van wat alles in ons lewe gebeur het en die tragiese daarvan is dat bitter min van ons die stories vasvang op swart en wit, vir ons nageslagte om te lees en te geniet. Wanneer die dood op die drumpel van jou deur kom staan, skrik baie skielik wakker, maar gewoonlik vir meeste dan te laat. Chris Opperman het besluit, kom wat wil, hy gaan skryf oor ’n klompie van sy uitsonderlike lewensverhaal stories voor die geleentheid hom vir ewig ontneem word.
In sy besondere manier van skryf, met baie Engelse woorde asook eie woorde wat geskep is en dus nie in woordeboeke voorkom nie, neem hy die leser op ʼn opwindende tog van meer as 16 lekkerlees kortverhaal stories. Meeste van sy stories het ʼn komiese aanslag terwyl ander weer drama bevat en nog ander die kyker ʼn terugblik gee van wat tien, twintig, dertig jaar en langer terug in Suid-Afrika gebeur het. Daar is genoeg inligting wat oud en jonk mee sal kan identifiseer en dit dus nie sal teleurstel nie. Hy spreek sy hoop uit dat die boek ook ander sal inspireer om die pen op te neem en hulle stories sal verewig op papier en so ander se lewe kan verryk met die soet en die suur of die swaarkry en lekkerkry van hul lewe…
https://cdn.libreka.de/cover/baf85ecf-30e3-4b46-8491-b4bced623b4a/m
https://cdn.libreka.de/sample/8926b5a4-0bfa-42ff-b9e5-ec001d25dca9 weniger anzeigen expand_less
Versandkostenfreie Lieferung! (eBook-Download)
Als Sofort-Download verfügbar
- Artikel-Nr.: SW9781928498889450914
- Artikelnummer SW9781928498889450914
-
Autor
Chris Opperman
- Mit Pieter Haasbroek, Pieter Haasbroek
- Verlag Pieter Haasbroek
- Seitenzahl 58
- Veröffentlichung 06.08.2025
- Barrierefreiheit
- Kommentar vom Verlag: The structure and markup of this publication follow WCAG guidelines.
- Navigation über Inhaltsverzeichnis
- Enthält kurze Alternativtexte
- Enthält Sprachinformationen für TTS
- Zertifiziert durch: PublishDrive
- ISBN 9781928498889
- Mit Pieter Haasbroek, Pieter Haasbroek