VAN OERKNAL TOT OORBEVOLKING

Die geskiedenis van die heelal en die lewe van die begin tot die hede

Van OERKNAL tot OORBEVOLKING bestaan uit twee onafhanklike dele: Die eerste deel vertel die geskiedenis van die onstaan van die heelal in maklik verstaanbare vorm, deur ’n ooggetuie, naamlik Yog, ʼn kwark. Volgens die mees aanvaarde opvatting van die huidige wetenskap bestaan alles uit kwarks en elektrone, dus weet kwarks als oor alles. Hulle is sonder emosies en derhalwe absoluut objektief. Yog beskryf die onstaan van elementêre deeltjies, atome, materie, gaswolke, galaksies, sterre, planete, mane, komete en ander hemelliggame, tot by die planeet Aarde. Dit gaan voort met evolusie van lewe op hierdie planeet, van die eerste lewende selle tot by sy teenswoordig... alles anzeigen expand_more

Van OERKNAL tot OORBEVOLKING bestaan uit twee onafhanklike dele:



Die eerste deel vertel die geskiedenis van die onstaan van die heelal in maklik verstaanbare vorm, deur ’n ooggetuie, naamlik Yog, ʼn kwark. Volgens die mees aanvaarde opvatting van die huidige wetenskap bestaan alles uit kwarks en elektrone, dus weet kwarks als oor alles. Hulle is sonder emosies en derhalwe absoluut objektief. Yog beskryf die onstaan van elementêre deeltjies, atome, materie, gaswolke, galaksies, sterre, planete, mane, komete en ander hemelliggame, tot by die planeet Aarde. Dit gaan voort met evolusie van lewe op hierdie planeet, van die eerste lewende selle tot by sy teenswoordig intelligentste vorm – Homo sapiens, die mens of aardeling. Die oerkontinent Kaapvaal Craton en fossiele vondse van eensellige en meersellige kreature in Suider Afrika word besonders beklemtoon. ʼn Voorwoord deur ʼn Duitse fisikaprofessor bevestig die wetenskaplike plousibiliteit van die relaas.



Die tweede deel handel oor die ontwikkeling van die mensdom en sy eienaardighede. Dit beskryf die evolusie van mensape tot aapmense en die huidige Homo sapiens, die moderne mens. Die oorsprong van kliektaal in Suider Afrika – waarskynlik die moeder van alle tale – word geskets. Yog som die belangrikste verskille tussen mense en ander diere op, insluitend hulle abnormale seksuele gedrag. Yog vind dat die mensdom die evolusie deur tegnologie verbygesteek het en dat die grootste probleem op planeet Aarde die oorbevolking met mense is. Dit is klaarblyklik nie polities korrek om van oorbevolking te praat nie, en veral mag mens beslis nie opper, dat die mensdom verminder moet word nie. Sou die 14-miljardjarelange ontwikkeling van die heelal op hierdie nietige maar oulike klein planeet bloot daartoe voer, dat sy mees gevorderde lewensvorm, die mens, kollektiewe selfmoord begaan? Ten slotte waag Yog nog ʼn prognose vir die toekoms van die mensdom en die planeet.



Die boek is bedoel vir nuuskierige „mense soos jy en ek“ van alle ouderdomsgroepe en bied vir hulle die onstaan van die heelal in maklik verstaanbare, kronologiese volgorde aan. Dit bevat geen formules, diagramme, sketse of voetnote nie, om die afskrikkende voorkoms van ʼn teksboek te vermy. Dit word opgehelder deur spotprentagtige tekeninge. 



 

weniger anzeigen expand_less
Weiterführende Links zu "VAN OERKNAL TOT OORBEVOLKING"

Versandkostenfreie Lieferung! (eBook-Download)

Als Sofort-Download verfügbar

eBook
2,99 €

  • SW272232

Ein Blick ins Buch

Book2Look-Leseprobe
  • Artikelnummer SW272232
  • Autor find_in_page Siegfried Eckleben
  • Autoreninformationen Siegfried Eckleben beweer dat hy ʼn derde-generasie… open_in_new Mehr erfahren
  • Verlag find_in_page Siegfried Eckleben
  • Seitenzahl 250
  • Veröffentlichung 01.01.2013

Andere kauften auch

Andere sahen sich auch an

info